Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.
Kies jy vleis of vinkel?
Weg! Platteland
Vertel ons
Kaatjie van die baan! • Verdryf die koue se kloue met ’n paar vuurwarm winterdinge.
Kaas-en-tee, enigiemand?
Die beste medisyne!
Slaan ’n nuwe blaartjie om • Vir baie van ons voel tuinmaak in die wintermaande na ’n taamlike uitdaging – soveel so dat ons van die tuin vergeet en eerder onder ’n kombers hiberneer. Die tuinboukenner Tanya Visser gee raad om van ’n vaal tuin iets vroliks te maak.
Snoet in die lug…
SA sauvignon kraai koning
Jan, Jan, (Klein)Jan
NUUS OOR MARKTE EN BASAARS
Dinge vir jou dagboek*
Doen ’n kursus
Tyd vir boekevat • Daar’s ’n stewige oes nuwe kook- en natuurboeke op die rak wat jou regdeur die binneblyseisoen besig en blymoedig sal hou.
BLYTUIS EN TOER VIR ’N JAAR SAAM!
Ons gaan dorp toe • Ons het knus kopies vir die koue dae uitgesoek by ’n paar klein vervaardigers.
Eg Engelse sjarme • ’n Lieflike stukkie Engelse platteland… dít is wat teen die begin van die vorige eeu wortel geskiet het daar tussen die wilgerbome aan die oewers van die Kliprivier suid van Johannesburg. Welkom in Henley on Klip, ’n plek vol verrassings.
Waters vir die rusteloses
Ontmoet die mense
In ’n neutedo(r)p
Ontmoet die mense
Wat kos eiendom?
Eet, drink, wees plesierig
Ons boer met stilte • Net meer as 70 km suidwes van Beaufort-Wes, in die voue van die Nuweveldberg, het Douwe en Liezl Vlok ’n droom kom bewaarheid: Om eenvoudig te lewe en hierdie aarde waarvoor hulle so lief is, so sagkens as moontlik te bewandel. Kom stap saam.
Kom stap saam!
Wat is Prader-Willi-sindroom?
Kunsmakers • Een keer per jaar gooi die kunstenaars van Prins Albert aan die voet van die Swartberg hulle ateljees oop vir die publiek. Dan kan besoekers self sien wat hierdie talentvolle siele inspireer én hulle kreatiewe ruimtes verken.
onbeperk • Wat maak jy as jy moeg word vir die lewe in die stad? Jy pak jou sak en vat die wandelpad, platteland toe, waar ’n gans ánder – en soms uitdagende – lewe op jou wag. Dáárvan kan die kunstenaar Cobus van Bosch en joernalis Madeleine Barnard getuig.
Cobus se messe
Ons klop die droogte met koekies en konfyt • Hartjieskraal se flinkverkoper-gebak en -konfyt lyk en smaak soos jou ouma s’n, omdat dit – nes hare – met die hand en in klein hoeveelhede gemaak word. In die week behartig Amarcia Marais die bakwerk en bestellings uit hulle huis op Laingsburg, terwyl haar man, Ernst, ’n skaap-en-uiesaadboer, die konfyt kook op hulle plaas tussen Matjiesfontein en Sutherland.
Lesse vir konfytsukses
Lesse vir sakesukses
Die topverkopers
Van Covid tot knoffel Stink maar lékker! • Drie maande nadat die inperking ingestel is en haar ander besigheid ’n nare knou toegedien het, het Santie Marais van Laingsburg ’n wilde perd opgesaal en ’n suksesvolle klein tuisonderneming oorgekoop wat die Karoo se knoffel tot kwyllekker nuwe hoogtes voer.
Soete seëninge • Verlede jaar, midde-in die sielsverskrompelende droogte en inperking, leen twee maltrap-dog diep gelowige boervroue van Merweville geld by hulle mans om ’n nougatbesigheid oor te koop. Hulle doop dit Karoo Blessings… en skaars drie maande later is die twee “CEO’s” se skuld sowaar álles afbetaal.
Op ’n...